zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
20 July 2026
Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom
20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
50 min
17 July 2026
Monitor: OUTA hof toe oor AARTO
17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde aanstaande week verwag.
49 min
16 July 2026
Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder
16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van elektrisiteit se plan om die land se opwekkingskapasiteit te verdubbel, is vandeesweek herbevestig, maar hoeveel...
52 min
15 July 2026
Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop
15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.
46 min
14 July 2026
Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie
14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde Afrikaners deur die Amerikaanse vlugtelingeprogram afgekeur? Nuwe navorsing wys hidrobreking vir skaliegas...
50 min
13 July 2026
Monitor: Boere in Mpumalanga bekommerd oor vertragings met verspreiding van bek-en-klouseer-entstof
13 Julie 2026: Boere se stryd teen bek-en-klouseer neem 'n nuwe wending. Inwoners van Oesterbaai en St. Francisbaai bekommerd oor 'n beplande kernkragstasie by Thyspunt. Die oorlog tussen Amerika en Iran vlam weer op.
48 min
10 July 2026
Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse
10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.
50 min
09 July 2026
Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel
9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.
46 min
08 July 2026
Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite
8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.
49 min
07 July 2026
Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is
7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om 'n verbod op 'n Amerikaanse doelskieter op te hef ná 'n telefoonoproep van president Trump - nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om...
52 min